Ons kliënt in Nederland is op soek na gekwalifiseerde Millwrights (Meganies) en Elektrisiëns om hul instandhoudingspanne te versterk binne produksie- en vervaardigingsomgewings.
As ’n opgeleide Millwright of Elektrisiën sal jy verantwoordelik wees vir die installasie, herstel, oorsiening en instandhouding van masjinerie en swaar meganiese toerusting, insluitend vervoerbande en produksielyne. Die fokus is hoofsaaklik op meganiese instandhouding, met ’n basiese tot intermediêre elektriese komponent.
Sleutelverantwoordelikhede
• Verseker ’n goed funksionerende produksie-omgewing
• Uitvoer van voorkomende instandhouding
• Opspoor en oplos van meganiese en elektriese foute. PLC ondervinding is hoogs voordelig
• Analiseer en identifiseer prosesfoute vinnig en doeltreffend
• Werk volgens omgewings- en veiligheidsregulasies
• Handhaaf ’n veilige en skoon werksomgewing
• Rapporteer bevindings en aksies volgens ’n vaste formaat aan die Instandhoudingsbestuurder
• Werk in skofte soos vereis
Belangrike persoonlike eienskappe
• Akkuraat en detail-georiënteerd
• Kan druk handteer
• Aanpasbaarheid
• Positiewe en oplossingsgerigte ingesteldheid
• In staat om skofwerk te doen
Minimum vereistes
• Afrikaans of Nederlands-sprekend, met goeie Engels. ONDER DIE OUDERDOM VAN 28 jaar. OF: In besit van 'n Europese paspoort-dan geld die taal en ouderdomsbeperking nie
• Minimum 3 jaar toepaslike werkservaring
• Ervaring in produksie- en vervaardigingsomgewings is ’n groot voordeel
• Geldige Trade Test Sertifikaat
MILLWRIGHTS & ELEKTRISIëNS-NEDERLAND • Amsterdam, Netherlands, NL